Verslae aan lede

Kleinmond Straatwag stuur elke twee weke ’n verslag per e-pos aan alle lede wat geregistreer is en wat hulle e-posadresse vir ons gegee het. Die verslag word ook normaalweg in die plaaslike koerant, die OVERSTRAND HERALD, gepubliseer.

Wil jy dit ontvang en op hoogte bly van misdaadtendense in ons dorp en ook advies kry oor hoe om jouself en jou eiendom beter te beveilig? REGISTREER by KSW en maak seker ons kry jou e-posadres.