Straatwagbordjie

KSW versoek alle huiseienaars en besighede wat geregistreer is om ’n straatwagbordjie aan te bring. Enersyds is dit ’n manier waarop die inwoners aan voornemende misdadigers wys dat hulle by straatwag betrokke is, dat hulle waaksaam is en dat hulle misdaad dadelik aan die polisie rapporteer; andersyds help dit om ander inwoners aan te moedig om by KSW te registreer.

Koop jou straatwagbordjie nou teen R15 by jou wykskoördineerder, of stuur ‘n e-pos met jou besonderhede en “straatwagbordjie” in die onderwerplyn aan info@kleinmondstraatwag.co.za. Ons sal jou wykskoördineerder vra om met jou in verbinding te tree.