Boodskap van Raadslid Grant Cohen

Een van die sake wat dikwels teenoor my as nuutverkose Raadslid geopper word, is die veiligheid van die gemeenskap. Ek kan sonder vrees vir teëspraak sê dat ons in ’n veel veiliger dorp woon danksy Kleinmond Straatwag.

Hierdie hardwerkende manne en vroue patrolleer ons strate terwyl die meeste ander mense slaap. Hulle vra ook nie lof of erkenning daarvoor nie. Hulle doen dit omdat hulle omgee. Nadat ek by vergaderings van hierdie groep mense ingesit het, het ek besluit om by hulle aan te sluit en eerstehands te beleef hoe hulle dinge doen en nou kan ek met trots verklaar dat ek een van die patrollie-vrywilligers is.

Ek wil graag vir die span gelukwens met die hulle webwerf en groot dankie sê vir al die harde werk wat hulle doen. KSW stel ’n voorbeeld wat nuwe buurtwagte volg en dit alleen is ’n aanduiding van wat hulle bereik het. Ek wens hulle nog baie jare se dienswerk en baie meer lede vorentoe toe!

Raadslid Grant Cohen

Wyk 9 (Kleinmond)