Boodskap van Raadslid Fanie Krige

Beveiliging is omgee

Vreemd hoeveel ooreenkomste daar tussen beveiliging en liefdadigheid is! Net soos in die gesegde oor liefdadigheid, begin beveiliging in jou eie huis. Maar wanneer jou eie goed en geliefdes veilig is, moet jy ook dink aan die veiligheid van jou buurman en jou naaste. Wie gaan nie sy buurman bel wanneer hy laat in die aand opmerk dat sy garagedeur nog oopstaan nie? Maar dan kom die vraag op: ken jy hom en ken jy sy nommer? En sal jy hom roep om jou te kom help as daar ’n probleem by jou huis is?

Dankie vir ’n instansie soos Kleinmond Straatwag wat help om die versperrings tussen bure te verwyder en terselfdertyd ’n skans om die gemeenskap bou. Mag hierdie organisasie van krag tot krag gaan en ook vir ander gemeenskappe ’n navolgenswaardige voorbeeld stel.

Fanie Krige

Wyksraadslid: Wyk 10 (Proteadorp, Overhills, Informele Nedersetting, Bettysbaai, Pringlebaai en Rooiels)