Boodskap van Kleinmond GPF

Ek skryf hierdie boodskap ter ondersteuning van Kleinmond Straatwag namens die Hangklip/Kleinmond Gemeenskapspolisiëringsforum.

Die GPF het oor die laaste aantal jare met die bestuur van Kleinmond Straatwag saamgewerk en ’n sterk verhouding is opgebou. As gevolg van hulle sterk etiese benadering, doelwitte wat gestel en bereik is, en hulle probleemoplossingskultuur verklaar ek met vrymoedigheid dat ek Kleinmond Straawag ten volle ondersteun.

Die onselfsugtige werk van Kleinmond Straatwag is tot groot voordeel van die gemeenskap en stel die maatstaf vir hoe ’n straatwag behoort te funksioneer, nie alleen in hierdie area nie, maar ook op nasionale vlak.

Dit is ’n groot voorreg om saam met hierdie organisasie te werk en ek glo dat hulle vennootskap met die SAPD en ander wetstoepassingsinstansies sal voortgaan om vrugte te dra, soos wat ons dit reeds ervaar.

Edward Richards

GPF-voorsitter